Vroeër vanjaar was daar nog net ’n oop stuk veld oorkant die departement agronomie van die Universiteit Stellenbosch (US). Vandag staan ’n splinternuwe HortiDemoCentre-kweekhuis op die Welgevallen-proefplaas van 3 000 m2 waarin miljoene rande belê is.
Tegnologie van wêreldgehalte vir beskermde tuinbou word gebruik om volhoubare, winsgewende en klimaatvriendelike tuinboumetodes te demonstreer. Dié tegnologie sluit waterbesparingsmetodes, klimaatbeheertoestelle, klimaatweerstandigheid, biologiese plaagbestryding