Volhoubaarheid van landbouproduksie, veral in Suid-Afrika, het ’n paar pilare. Die belangrikste is seker dat landbouproduksie van enige aard winsgewend moet wees, en tweedens dat daar voorsien moet word in die voedsel- en veselbehoeftes van die mense van ’n gebied of land, of selfs globaal. Derdens moet dit nie die hulpbron beskadig of laat agteruitgaan nie, en vierdens moet die soort boerdery ook sosiaal aanvaarbaar wees.
SA HULPBRONNE VS. MEDEDINGERS?
Suid-Afrika is die 39ste droogste land ter wêreld met ’n jaarlikse gemiddelde reënval van 460 mm tot 470 mm. Colombia is die natste land met gemiddeld 3 240 mm per jaar (sien KAART op bl. 43).
Indien Suid-Afrika vergelyk word met belangrike landbouproduserende lande soos Amerika, waar die jaarlikse gemiddelde reënval ongeveer 715 mm is, Argentinië met amper 600 mm, Oekraïne met ongeveer 570 mm en Afrikalande soos Angola en Zambië met gemiddeld meer as 1 000 mm, Uganda met meer as 1 100 mm en Zimbabwe met ongeveer 660 mm, is dit ’n baie droë land. Wat dit vererger, is dat die reënval baie wisselvallig kan wees.
Een van die belangrikste