Landbouweekblad

Verskuiwende weerpatrone verg fyner landboubestuur

RubriekWEER

Die voorkoms van baie wisselvalligheid in die klimaat moet eintlik aan klimaatsveranderlikheid toegeskryf word. Wat egter soos ’n paal bo water staan, is dat neigings op lang termyn landboubestuur aansienlik gaan verander. Om die kaf van die koring te skei, moet boere sekere faktore dophou.

Die “gesig” van klimaatsverandering is baie ingewikkelder as om net die gemiddeldes van klimaatselemente te ontleed. Die kwesbaarheid van mense vanweë die verontagsaming van die werklike klimaatspatrone en die invloed wat klimaatsverandering daarop kan hê, is baie ingewikkelder.

Hoewel die onlangse hoë seedeinings aan die suidwes- en ooskus nie gereeld voorkom nie, het dit al in die verlede gebeur. Met verhoogde seevlakke kan dit egter meer gereeld voorkom.

Dit is hoog tyd om meer aandag te gee aan hoe die aarde se oppervlak verkeerd bestuur word en iets daaraan te doen en nie net op klimaatsverandering klem te lê nie, want die mens se kwesbaarheid verhoog. Uit ’n landbou-oogpunt is daar neigings op lang termyn wat groot risiko’s begin inhou. Dit verg ook ’n meer geïntegreerde bestuursbenadering en daar moet strategies besin word oor

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Met Dié Sonpomp Het Jy Altyd Genoeg Water
Cedar bied ’n verskeidenheid pompreekse, waaronder klein DC- (gelykstroom) pompe wat ideaal is vir veesuipings. Die Multiflow-reeks is Cedar Solar se vlagskip-boorgatpomp, wat met gelykstroom én wisselstroom (AC) kan werk. Die tegnologie in dié pompe
Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Dragtige Ankole-koei en haar kalf is vir R1 miljoen verkoop op die nasionale Ankole-veiling wat op 1 Junie op die plaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa by Bela-Bela aangebied is. Die koei, LUI 19-006, is deur die Cattle Group Farming van Wal
Landbouweekblad1 min read
Landbouweekblad
Redaksie KAAPSTAD Heerengracht 40, Posbus 1802, Kaapstad 8000 Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Inhoudshoof Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Produksiebestuurder Gretchen Peiser Spesialisskrywer Amelia Genis Joernaliste Luc