Landbouweekblad

AASVOËLS SE OORLEWINGSTRYD Wie moet die skuld kry?

KORTOM

■ Luidens nuwe navorsingsbevindinge word 66% van veral witrugaasvoëls en kransaasvoëls na bewering met lood besmet.

■ Die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging is die afgelope minstens sewe jaar betrokke by aasvoëlbewarings-enopleidingsprogramme.

■ Wildbedryf SA meen die studie is eensydig en het geen kontrolevergelykings om die gevolgtrekkings te kwantifiseer nie.

Die wild- en jagbedryf is warm onder die kraag oor ’n onlangse navorsingsverslag. Maar volgens die skrywer daarvan is dit nie kritiek op die jagbedryf nie, maar eerder ’n pleidooi dat jagters en wildboere alternatiewe ammunisie gebruik en nie besmette karkasse vir aasvoëls uitsit nie.

Me. Linda van den Heever, aasvoëlprojekbestuurder by Birdlife Suid-Afrika, het onlangs die bevindinge van haar vier jaar lange navorsing oor loodvergiftiging weens loodammunisie in jagkarkasse onder aasvoëls vir haar doktorsgraad in ’n wetenskaplike tydskrif laat publiseer.

In haar pos by Birdlife SA sien Van den Heever om na navorsing oor loodvergiftiging onder aasvoëls en die instelling van aasvoëlveilige sones.

Intussen sê die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging hy is aktief betrokke by aasvoëlbewaringsprogramme om die impak van loodvergiftiging by wild te bekamp. Die vereniging is lid van die internasionale vereniging vir omgewingsbewaring (IUCN) en die nasionale aasvoëltaakspan. Een van die taakspan se doelwitte is om aasvoëlbewaring onder verskillende belanghebbendes te koördineer en bewaringstrategieë te ontwikkel.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter