SES TON hoëgehalte-mieliesaad is net so daarmee heen.
“Dit is omtrent 250 sakke saad en sowat R 1,2 miljoen,” sê ’n boer van Coligny in Noordwes, die soveelste boer by wie daar onlangs saad gesteel is. Hy het gevra dat sy identiteit weerhou word om sy veiligheid te beskerm.