BRANDSTOFKOMMER
uid-Afrika se krimpende raffinaderykapasiteit kan verder beperk word sonder finansiële steun vir opgraderings wat nodig is om aan nuwe regulasies vir skoner brandstof te voldoen, waarsku die Suid-Afrikaanse petroleumbedryfsvereniging (Sapia) in ’n verklaring. Bloomberg berig die nuwe regulasies tree in 2027 in werking.