DIE landelike gemeenskap van Matatiele in die Umzimvubu-opvangsgebied van die Oos-Kaap se lewensbestaan word al 20 jaar lank verbeter danksy die werksaamhede van Environmental and Rural Solutions (ERS), ’n maatskaplike organisasie sonder winsbejag.
ERS is twee dekades gelede deur die grondkundige me. Sissie Matela en omgewingskundige me. Nicky McLeod gestig.
Hulle het in 2019 die WWF se Living Planet-eerbewys ontvang