MNR. DANIE SLABBERT van die plaas Van Rooyenswoning by Reitz pas reeds 14 jaar lank herlewingslandbou toe, en die afgelope vyf jaar vorm ’n veekomponent deel daarvan.
MNR. GERRIT VAN ZYLis ’n Bonsmara-stoetteler van Hanzyl Bonsmaras by Dewetsdorp. Hy boer al die afgelope 25 jaar met beeste en pas die afgelope ses jaar herlewingslandbou toe, waardeur hy sy wins per hektaar aansienlik verhoog.