Landbouweekblad

Nuwe plan vir pryse kan hard slaan

Die departement van water en sanitasie se voorgestelde waterprysstrategie, wat op 5 Augustus vir kommentaar gepubliseer is, gaan mank aan ’n behoorlike ontleding van wat die uitvoering daarvan die landbou, asook die groter ekonomie en die samelewing gaan kos, sê Agri SA.

Die huidige strategie is al in 2007 opgestel en dit was dus lankal tyd vir ’n hersiening, maar die voorgestelde strategie, waarop kommentaar tot 3 November by die departement ingedien kon word, bevat elemente wat hom baie bekommerd maak, sê mnr. Janse Rabie, uitvoerende beampte vir wetgewing en beleid by Agri SA.

“Dit is grondwetlik noodsaaklik om ’n omvattende fiskale en maatskaplik-ekonomiese beoordeling (by die strategie) in te sluit om alle watergebruikers in te lig oor die presiese uitwerking van die waterprysstrategie,” luidens Agri SA se kommentaar.

Suid-Afrikaners het ’n reg tot inligting en administratiewe geregtigheid.

Sonder ’n behoorlike impakbeoordeling is dit onmoontlik om betekenisvolle insette tot die strategie te lewer, en Agri SA vra dus die departement om eers die nodige assesserings te doen – per gebied, volgens die soort watergebruik en volgens wie die gebruiker kan wees.

Drie interverwante ontledings behoort gedoen te word, naamlik ’n beleggings- en kontantvloei-ontleding op plaasvlak, ’n ontleding van besteding en inkomste deur die staat as ontwikkelingsagentskap,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad4 min read
Minder Antibiotika In Dierebedrywe Gebruik
NIEMAND wil enige teken van antimikrobiese middels in hul cappuccino hê nie, sê dr. Theo Kotze, ’n veeartsenykundige konsultant in die beesbedryf, wat namens die Melkprodusente-organisasie (MPO) in ’n werksessie oor die weerstandigheid teen antimikro