TERWYL daar nog gespook word om ’n nuwe eienaar vir Suid-Afrika se grootste inmaakfabriek te vind, dra appelkoos-, perske- en peerbome swaar aan vrugte wat op ’n belowende jaar vir inmaakvrugte dui.
“Alle aanduidings is dat die 2022-’23-oesjaar ’n goeie produksieseisoen gaan wees. Ons vertrou dat die weer en markte sal saamspeel om Suid-Afrika se spesiale gehaltevrugte aan verbruikers te kan verskaf,” sê mnr. Jacques