Landbouweekblad

Vrugte tel verder kop op

VOORUITSKOUING Vrugte

Hoewel die appel- en peerbedryf sedert 2021 vele struikelblokke trotseer, glo Roelf Pienaar, besturende direkteur van Tru-Cape Fruit Marketing, nes die meeste belanghebbendes in die vrugtebedryf, daar is rede om versigtig optimisties te wees dat dit aan die verander is.

“As ons in ag neem hoe die vloei van vrugte en vraag uit die Verre en Midde-Ooste tans is, lyk dit na ’n gunstige prentjie. Voorraadvlakke in Europa is tans ook onder beheer, al kan faktore soos die wisselkoers en politiek dié prentjie verander. Soos sake nou staan, verwag ons egter dat die eerste ses maande van vanjaar gunstig gaan wees.”

Hoewel dit nog baie vroeg in die seisoen is, word ’n normale oes verwag. “Terugvoer sover vanaf Elgin, Grabouw, Villiersdorp en Vyeboom is dat volume ietwat laer kan wees ná twee goeie oeste daar.”

Debbie Schreuder, bemarkingsbestuurder van die De Keur-groep, is ook optimisties. “Ons verwag ’n goeie jaar wat produksie betref. ’n Mens hoop altyd op ’n groter oes, maar ons is dankbaar vir waar ons nou is vergeleke met die minder tonne van verlede jaar.”

Die prentjie vir die appel- en peerseisoen lyk rooskleurig. “Dit sal goed wees as die sektor kan saamstaan en nie sterk markte met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter