KORTOM
■ Boere en ander deelnemers aan die kleingraanbedryf kon onlangs nuwe tegnologie op Syngenta en John Deere se kennis-hub op Napier leer ken.
■ Dié samekoms oor twee dae was ’n toonvenster vir die vordering wat Sensako, wat in 2020 deur Syngenta gekoop is, met koringsaadteling maak, maar het ook ’n geleentheid vir ander maatskappye in die wintergraanbedryf gegee om hul navorsing bekend te stel.
Vinnige vordering by graangewasse – van saadteling danksy beter tegnologie tot groter droogte- en siekteweerstand – is van die neigings wat boere in die winterreëngebied opval.
Nadat die internasionale landbouchemiese en saadreus Syngenta Sensako in 2020 gekoop het, is die waardevolle naam en teelprojekte behou, maar daar