HOEWEL ’n proses om nuwe boorgate vir gaseksplorasie in die Vrystaat te sink nié hidrobreking behels nie, is daar kommer oor die implikasies wat enige ontdekking van olie en gas vir boere inhou.
Die mineralemaatskappy Rhino Resources (voorheen Rhino Oil and Gas Exploration) doen deur middel van sy omgewingskonsultant, SLR Consulting, formeel aansoek om sekere olie- en gaseksplorasieregte in die provinsie vir