GOSSIP GIRL
SHOWMAX | 2021-NOU | DRAMA | SEISOEN 1-2 | KETTINGKYK VANAF VRYDAG 11 NOVEMBER
Seisoen 1 van die Gossip Girl-herlewing het geëindig met sie skool se personeellede Kate (Tavi Gevinson), Jordan (Adam Chanler-Berat) en Wendy (Megan Fergason) wat die ware identiteit van al Gossip Girl se anonieme bronne uitgelek het, en Kate (as Gossip Girl) wat ’n ooreenkoms aangegaan het met die voormalige voorvrou Julien (Jordan Alexander) wat in onguns verval het. Nou is een van die reeks se oorspronklike karakter, Georgina Sparks (Michelle Trachtenberg) boonop terug.
ZOOTOPIA+
DISNEY+ | 2022 | GEANIMEERDE KOMEDIE | SEISOEN 1 | KETTINGKYK VANAF WOENSDAG 9 NOVEMBER
Dié splinterreeks van 6 episodes fokus op die fassinerende agtergrondkarakters van die Zootopia-fliek. Gazelle doen oudisies met agtergronddansers in ’n So You Think You Can