Dis geen geheim dat jag lankal nie meer goedkoop is nie, maar ongelukkig het min van ons ’n oom Johan met ’n plaas waar ons nou en dan verniet ’n bokkie kan gaan skiet. Al wat jy terugbring huis toe van ’n jagtog af, is goeie herinneringe en hopelik ’n paar kilogram vleis.
Indien jy of jou eggenoot baie analities is, sal jy (en hopelik nie sy nie!) gou besef dat al die kostes verbonde aan ’n jagtog