“Recently we had a discussion on brinjals, and many Food Fairies shared their recipes. I know them as blouballas, and back then it was no shame to call it that. It was common in our family to have brinjals and share amongst each other, just like the other vegetables harvested from my grandfather’s garden.”
- Surita Riffel
WELKOM TUIS, MEISIEKIND
Wendy Anthonie
Van-die-huis-af-werk het my meisiekind genoop om na jÁre weer onbepaald tuis te wees. Saam met haar eksotiese en aweregse kosvoorkeure het ’n suitcase vól volksvreemde eetgoed vanuit Kaapstad by ons voordeur ingesluip.
My yskas het nuwe intrekkers. Die grondboontjiebotter, mayonnaise en appelkooskonfyt staan t’rug met ’n dankbare hart. Die voorlinie is nou vyekonfyt met spek, kappertjies, ansjovisfilette, artisjokke, quinoa, pikante peppadews, pesto en Ál die olies en souse waarmee ek nog nooit gekook het nie: miso- en Japannese vissous, sesamolie, tahini, teriyaki, en al’ie ander “-aki’s”!
Een Sondagmaal is afgeskop met oondhoender onder ’n laag gekaramelliseerde knoffel en suurlemoenskywe. Ek het ’n huishoudelike oorlog afgeweer deur die legio heel knoffelhuisies skelm eenkant toe te druk en te sorg dat Pa dit nie raakskep nie.
’n Ander aand was dit witwyn-risotto met gedroogde sampioene en parmesaankaas. Iewers wink aartappel-gnocchi, gevulde salotte en ricottakaasballetjies op murgpampoentjiespaghetti…
“O, hel!” sê Pa, en kyk dakwaarts. “Dis’ie TV en daai dinge wat só maak. Lyk vi’ my hoender en gewone dinge gaan nooit weer dieselfde