BOERE moet verby hul vooroordele oor townships kyk en nie die geleenthede vir direkte bemarking in dié sektor misloop nie. Só sê mnr. GG Alcock, bemarkingsadviseur en skrywer van die boek Kasinomics.
Alcock het op ’n onlangse vergadering van Aartappels SA tydens die Vivo-boerebemarkingsdag gesê die neiging in townships het verskuif na huise waar vier of