PARTY mense gril daarvoor en sal nooit hul lippe daaraan sit nie. Vir ander is dit ’n lekkerny waarvan hulle net nie genoeg kan kry nie.
En vir Vuyolwethu Simanile was hoenderpote die sleutel tot ’n wêreldrekord.
Dié ma van een van Durban het onlangs die eerste houer van ’n splinternuwe Guinness-wêreldrekord geword: vir die mens wat die meeste hoenderpote in 60 sekondes kon eet.
Die reëls was duidelik. Deelnemers moes minstens 110 g van die tradisionele Suid-Afrikaanse lekkerny verorber – maar hulle mag te alle tye net een poot op ’n slag in