Wat ’n ongelooflike terugslag. Twee jaar agtereenvolgens. Reuseveldbrande in die Noord-Kaap wat op byna presies dieselfde plek as verlede jaar uitbreek. Die bitter onredelikheid om weer vanjaar die angswekkende werklikheid te moet beleef van ’n veldbrand wat buite beheer woed. Dit is werklik een van die landbou se heel slegste ervarings.
As plaasseun van die Noordoos-Kaap se grasvelde en diep klowe onthou ek brandseisoen op