’N WET ‘GAAN NIE NASPEURBAARHEID AFDWING’
DIE afkondiging einde September dat LITS-SA (Livestock Identification and Traceability System in South Africa) vanaf vandeesmaand in werking kan tree, het die veebedryf onkant gevang.
Tog is deelname aan LITS-SA nog nie wetlik verpligtend nie, en bowendien is ’n wetlike verpligting geen waarborg dat boere daaraan gaan deelneem nie.
Só het mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO),