Landbouweekblad

Mielieboere kan ál meer na sojabone draai

’nWitwarm onderwerp tans in die saaibedryf is die verskuiwing van mielieverbouing na sojaboonverbouing. Daar is verskeie redes daarvoor, waarvan produksiekoste die grootste een is. Die hoë sojaboonprys lok ook mielieboere wat sojabone as ’n wisselbougewas verbou, om hul sojaboonaanplantings uit te brei.

Dit oorreed ook ander boere om dié gewas vir die eerste keer te plant. Daarby het die weer die afgelope seisoen bygedra om groei in sojaboonverbouing te versnel. Daar is egter ’n paar strikke wat boere moet vermy indien hulle besluit om sojabone te plant.

DUIDELIKE GROEI

Mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA, sê die afgelope seisoen het ’n rekordsojaboonoes opgelewer.

“Daar is nog nooit so baie sojabone (in Suid-Afrika) geproduseer nie. Die oesskattingskomitee beraam dat boere meer as 2,1 miljoen ton geoes het. Die bestaande rekord is die vorige seisoen se 1,9 miljoen ton. Dit wys die groeifase waarin die sojaboonbedryf is.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit