Landbouweekblad

Bestuur grond as habitat vir mikrobes

Boerderypraktyke moet daarop gemik wees om die reusegetalle mikro-organismes in die grond só te bestuur dat hulle vermeerder en ingespan kan word om sekere dienste tot voordeel van plante te verrig.

Dan hoef minder ingekoopte insette gebruik te word, sê prof. Karin Jacobs, ’n grondmikrobioloog van die departement mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. “Mikro-organismes is betrokke by alle kringlope (siklusse) in die grond. Hulle hou alles aan die gang.”

Jacobs se eerste kennismaking met mikro-organismes in grond was by fynbos. Sy was verras deur die groot verskeidenheid swamme en bakterieë wat sy daar gevind het.

Deesdae bedryf die departement mikrobiologie ’n kommersiële projek wat mikro-organisme-ontledings vir landbougrond doen, genaamd Sporatec.

Jacobs het op die boeredag wat Landbouweekblad en Charl Baard Landbouprodukte by Lake Grappa buite Kakamas gehou het, gesê noudat insetkoste só styg en winsmarges krimp, is die goeie nuus dat daar organismes in die grond is wat boere verniet kan gebruik.

“Hulle werk hard, maar jy moet hulle bestuur,” het Jacobs gesê.

Daar is 10 selle in ’n gram

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit