AAN die begin het alles so volmaak gelyk. Victoria en David Beckham was ooglopend dol oor die aktrise Nicola Peltz, hul oudste seun, Brooklyn, se bruid. Maar die jong glanspaar se bruilof was skaars verby toe die gesukkel tussen Nicola en skoonma Posh begin …
Dit gons omdat Victoria sedert Mei nie op ’n enkele sosialemediaplasing van Nicola gereageer het nie – en dít nadat die twee voor die troue gereeld aanlyn oor mekaar gekoer het. Victoria voel haar skoondogter het háár plek in Brooklyn se lewe ingeneem, bespiegel