SA Hunter/Jagter

“SKIET! MOENIE SKIET NIE!”

Volgens ’n ou Afrikalegende was bosvark en vlakvark eens op ’n tyd groot vriende. Hulle het saam-saam deur die onderbos en vleie gedraf, goggas gesoek en vir wortels gegrou. Op ’n dag het die een hom egter soos ’n vark gedra en ’n groot rusie het gevolg. Van toe af vermy hulle mekaar en nou loop vlakvark in die dag en bosvark in die nag.

Skynbaar vergeet dié twee egter soms van hul geskil en loop tóg saam. ’n Klompie jare gelede het ’n paar van ons gery om voer uit te plaas sodat my vriend Johan Smit ’n bosvark met sy tradisionele boog kon jag.

TWEE BOSVARKE VIR ’N MOOI BOOG

Johan is ’n bobaas-boogbouer en het ’n pragtige gekurfde boog vir Henk du Plessis gebou, wat ’n jagplaas in die Sterkrivieromgewing net anderkant Naboomspruit (deesdae Mookgophong) besit. Ons is ook goeie vriende met Henk en kuier en jag al vir baie jare op sy plaas.

In ruil vir dié boog kon Johan twee bosvarke skiet. Hy wou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter7 min read
DIE 6mm CREEDMOOR IN DIE JAGVELD
My eerste ondervinding met ’n 6mm-kalibergeweer in die jagveld was ongeveer 30 jaar gelede. Ek en my vrou was onderweg na ons huis in Mosselbaai ná ’n besoek aan ’n taksidermis in Tarkastad. Op pad terug deur die pragtige Baviaansriviervallei het ons
SA Hunter/Jagter8 min read
Die Windbuks As Leermeester
In die gejaagde, moderne era waarin ons vandag lewe, is daar dikwels nie tyd vir die outydse nie, en, wil ’n mens sommer byvoeg, die regte manier van dinge doen nie. Om ’n holruggeryde cliché te gebruik, ons leef in ’n kits-era. Van kitskoffie, kitsp
SA Hunter/Jagter2 min read
’n Gids Tot Nalatenskap En Boedelbeplanning Vir Die Jagter
Die artikel is voorsien deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente as trotse borg van ons Nasionale Presidentskietkompetisie in samewerking met die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging. By Eksekuteurs vir Boedels en Testamente waardeer ons die bel

Related Books & Audiobooks