Huisgenoot

ONS STRYD AS SKEIDSREGTERS

TOE die Brasiliaanse skeidsregter Carlos Bernardes op die baan stap, het hy dadelik geweet dit gaan ’n moeilike oggend in die stoel wees. Dit was die 2022-Miami-ope, en die wedstryd tussen die jong Italianer Jannik Sinner en die Australiër Nick Kyrgios is aan hom toegewys.

Kyrgios was van die begin af geïrriteerd en het oor die stadige baan gemor. Op 4-4 in die eerste stel het hy ’n goeie terughou op Sinner se afslaan gemaak toe geraas van Bernardes se tweerigtingradio die spel onderbreek het. Bernardes het gevra die punt moet oorgespeel word.

“Jy moet op die plek afgedank word,” het Kyrgios op hom geskree. “Hoe is dit moontlik? Hoe is dit moontlik! Die vierde ronde van Miami, een van die grootste toernooie, en julle ouens kan net nie jul werk doen nie.”

Ongelukkig vir Bernardes was dit maar net die begin. Met elke wisseling van kante het Kyrgios aangehou om die skeidsregter te kritiseer; hy het sy optrede “verregaande” en “vernederend” genoem.

Toe die eerste stel sy klimaks bereik, het Bernardes vir Kyrgios ’n waarskuwing gegee omdat hy gevloek het. Daarna het die Australiër hardop vir sy vriend op die paviljoen gesê hy kan Bernardes se werk veel beter doen. Bernardes het toe weens Kyrgios se onsportiewe gedrag ’n punt vir sy teenstander gegee.

Kyrgios is bekend vir sy botsings met beamptes, maar dit was nogal baie persoonlik.

‘AS JY ALLES PERSOONLIK OPNEEM, KAN JY NIE IN DIÉ WERK OORLEEF NIE’

Toe hy die stel met ’n dubbelfout verloor, het Kyrgios Bernardes weer uitgekryt en op hom geskree.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe