Huisgenoot

IN DRUK SE STRIK

AAN die begin van sy boulaanloop is Scott Boswell in sy eie uiters openbare hel gedompel. Die eindstryd van die Cheltenham & Gloucester Trophy in 2001 op Lord’s buite Londen moes die hoogtepunt van sy krieketloopbaan gewees het. Pleks daarvan kon hy nie doen wat al vir hom soos tweede natuur gevoel het nie.

“Ek’t so angstig geword, ek het gevries. Ek kon dit nie afskud nie,” onthou hy.

Vir Boswell (toe 26), ’n snelbouler vir die Engelse graafskapspan Leicestershire, het dit gevoel die boulbeurt wil “nooit eindig nie”.

“Hoe kan dit wees dat ek nie kan opdraf en boul nie – iets wat ek al jare lank doen sonder om eens daaroor te dink? Wat in my brein het my gekeer om dit doen en my siek en angstig laat voel?”

n Boulbeurt in krieket bestaan uit ses aflewerings – dis te sê ses balle wat nie as ’n foutbal of wydloper beskou word nie. Daar is gewoonlik net ’n handvol foutballe in ’n kolfbeurt.

Maar Boswell se tweede boulbeurt in die eindstryd teen Somerset het vir 14 balle aangehou terwyl hy herhaaldelik die bal te wyd aan weerskante van die kolfstreep laat trek het. ’n YouTube-video van die boulbeurt, The Worst Over Ever?, is al meer as 1,6 miljoen keer gekyk.

Toe sy tweede boulbeurt ál belagliker word – ses van sy eerste agt balle was wydlopers – het die toeskouers “ál luidrugtiger” geword, onthou Boswell. Om die beproewing te probeer kortknip, het hy haastig geraak en hom ál minder tyd voor elke bal

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Spele In Syfers
Soveel etes sal daagliks in die Olimpiese dorp bedien word. Die aantal lande wat sal deelneem, insluitend die IOK se vlugtelingespan. Soveel ton CO₂ sal deur die Olimpiese Spele in Parys gegenereer word. Die organiseerders noem dit die groenste Spele
Huisgenoot2 min read
Wat Jy Moet Weet Oor Gedwonge Of Vroeë Aftrede
1 Is ek kragtens die wet verplig om op ’n sekere ouderdom af te tree? Nee. Die neiging is tussen 60 en 65, maar geen Suid-Afrikaanse wet skryf dit voor nie. Jy kan werk so lank as wat jy wil, of as wat jou dienskontrak bepaal. Werkgewers mag nie teen
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w