Landbouweekblad

’n Vars blik vorentoe

Die Fruit Logistica-neigingsverslag het die tien belangrikste neigings geïdentifiseer wat in die volgende twaalf maande bepalend gaan wees in die varsproduktebedryf.

Vanjaar se neigings kan breedweg in drie kategorieë geplaas word: kleinhandel, gesondheid en tegnologie. Die ontwikkelinge is opwindend en interessant, met die oog daarop om beter in verbruikers se behoeftes te voorsien deur goeie dienslewering en uitstekende kultivars, terwyl die omgewingsimpak terselfdertyd in toom gehou word.

1 VOLHOUBAARHEID

Dít is die invloedrykste neiging van 2022 met verreikende gevolge vir elke liewe deel van die groente- en vrugtebedryf, luidens die verslag. “Dit sal ononderhandelbaar wees,” meen een van die neigingskenners.

Beleggings in volhoubaarheid moet dus voorrang geniet onder boere om die impak en doeltreffendheid van energieverbruik, verpakking en vervoer te verbeter.

Ook kleinhandelaars is ernstig oor dié vereiste, want vanweë die onvoorspelbaarheid van weerpatrone het dit moeiliker as ooit geraak om produkte in die hande te kry. Daar is pogings om produkte nader aan die huis te verkry, maar om aanpasbaar te wees, moet produkte van elders ook verkrygbaar wees.

Die internasionale maatskappy Danone het onderneem om sy kweekhuisgasvrystellings teen 2030 te halveer, en hy gaan dit deels regkry

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit