Landbouweekblad

Op die spoor van bek-en-klouseer

Alles het weer begin toe personeel van die direktoraat veeartsenydienste sere aan beeste se bekke opgemerk het tydens ’n roetine-inspeksie by ’n kommunale diptenk by Matubatuba in KwaZulu-Natal. Dit was op 27 Mei 2021, skaars ’n jaar nadat Suid-Afrika bek-en-klouseer in 2020 onder beheer gekry het. Die vorige uitbreking het in Januarie 2019 in die Vhembe-distrik in Limpopo begin.

Die direktoraat het dadelik dié diptenk in kwarantyn geplaas en ’n inspeksieveldtog by ander kommunale diptenks in die omgewing van stapel gestuur. Teen 18 Junie verlede jaar is daar reeds 12 255 monsters by 353 diptenks in die provinsie versamel met bevestigde gevalle by vier van die diptenks.

Die besmettings is veroorsaak deur sero-tipe 2 van die siekte, wat verwant is aan die tipe wat in 2019 in Limpopo uitgebreek het.

Onder veeartse word daar bespiegel dat die siekte van die beheersone wat aan die Krugerwildtuin grens, na KwaZulu-Natal gebring is. Daar word

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit