SA Hunter/Jagter

HOE VER KAN ’n kragboog ’n bok plattrek?

In die laat 1990’s, toe boogskiet in Suid-Afrika begin posvat het, is skote met ’n boog verder as 35 tree nie as etiese skote gereken nie. Deesdae hoor en sien ’n mens YouTube video’s van boogjagters wat bokke oor baie lang afstande plattrek. Is dit reg of verkeerd?

’n Mens wonder ook hoe ver ’n kragboog kan skiet en vir watter gedeelte van dié afstand is die slaankrag van die pyl steeds groot genoeg om vlaktewild vinnig mee dood te skiet.

In die verlede is verskeie redes genoem waarom ’n lang skoot nie met ’n boog na ’n bok geskiet moet word nie. Een rede is natuurlik dat hoe verder die bok staan, hoe “kleiner” word die teiken waarna die jagter mik en hoe groter word die kans dat die jagter ’n swak skoot kan skiet. Omdat die pyl ook langer neem om die bok te bereik wanneer dit oor ’n langer afstand moet trek, is daar ’n groter kans dat die bok kan beweeg nadat die pyl die boog verlaat het. As die bok net een tree vorentoe gee, sal ’n pyl wat die longe moes tref, die maagholte raak skiet.

LANG BOOGSKOTE – ’N OMSTREDE KWESSIE

Tog hoor en lees ek al hoe meer van jagters wat bokke oor al verder afstande jag. Praat ek met die boogjagorganisasies in die land, hoor ek ook dat hulle

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter7 min read
DIE 6mm CREEDMOOR IN DIE JAGVELD
My eerste ondervinding met ’n 6mm-kalibergeweer in die jagveld was ongeveer 30 jaar gelede. Ek en my vrou was onderweg na ons huis in Mosselbaai ná ’n besoek aan ’n taksidermis in Tarkastad. Op pad terug deur die pragtige Baviaansriviervallei het ons
SA Hunter/Jagter4 min read
GRIEKSE MOUSSAKA Met ’n Wildsvleiskinkel
Lae sappige vleis, soet eiervrug, romerige witsous met ’n bros dakkie kaas – alles gebak tot stomende perfeksie. Dít klink mos nou soos ’n plan! Ek het altyd wildsmaalvleis in my vrieskas en het die pakkie koedoevleis só gekyk en net daar besluit dit
SA Hunter/Jagter4 min read
Pierre Se Herlaaitafelf Patroondoppe – Deel II
Die doel van hierdie reeks intreebesprekings oor die herlaai van patrone is om konsepte eerder as tegnieke te bespreek. Soos genoem in die vorige artikel, word drie tegnieke normaalweg gebruik om dopeenvormigheid te bepaal, naamlik volgens: • nekwand

Related Books & Audiobooks