Landbouweekblad

Aartappelskan byveranderde klimaataanpas

avorsers aan die Universiteit van Pretoria (UP) het bevind dat klimaatsverandering die opbrengs én doeltreffendheid van watergebruik van aartappels in die meeste produksiestreke drasties kan verhoog.

Prof. Martin Steyn van die departement plant-en-grondwetenskappe aan die UP en een van die sprekers op Aartappels SA se onlangse transformasiesimposium in Pretoria, sê nadat Europese studies getoon het hoër koolstofdioksiedvlakke kan die opbrengs van aartappels met tot 36% laat styg, het UP-navorsers met hul eie studie begin om te kyk wat in plaaslike omstandighede sal gebeur.

Dit was veral om vas te stel wat aartappels se reaksie op verhoogde hitteblootstelling sal wees.

Die navorsing het getoon dat daar ook in Suid-Afrika soortgelyke groot stygings in opbrengs verwag kan word, selfs al word warmer temperature vir die komende dekades voorspel.

WISSELVALLIGHEID

Klimaatsverandering gaan na verwagting Suid-Afrika se gemiddelde temperature van voor industrialisasie tot 2050 met meer as 2 °C laat styg. Volgens Steyn gaan dit gebeur omdat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit