Landbouweekblad

SWERMS OORWELDIG OOR ’N WYE GEBIED

oere in droogtegeteisterde gebiede het net begin asemhaal nadat somerreënpatrone na normaal begin terugkeer het, toe reuseswerms sprinkane die hoop vir die opbou van voerbanke in die veld laat verdwyn het.

Swerms bruinsprinkane (Locustana pardalina) word sedert 2020 in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap gewaar, met uitbrekings in die huidige reënseisoen wat al van September en Oktober gewaar is. Uitbrekings is steeds in volle gang, sê me. Andrea Campher, risiko-en-rampbestuurder by Agri SA.

Die hoofbrandpunte is tans Murraysburg, Merweville en Beaufort-Wes in die Wes-Kaap, en Willowmore, Steytlerville, Jansenville en Wolwefontein in die Oos-Kaap. In die Noord-Kaap raak swerms Carnarvon, Britstown, Prieska, Vosburg, Hopetown, Brandvlei en Van Wyksvlei, met die vierde generasie wat teen 16 Maart by Van Wyksvlei opgemerk is, sê Campher.

Vanjaar is swerms ook naby Calitzdorp in die Klein-Karoo opgemerk – waar daar die afgelope 40 jaar geen sprinkaanuitbrekings aangemeld is nie. Hoewel hy self nog nooit bruinsprinkaanswerms in die Klein-Karoo aangeteken het nie, dui aantekeninge uit die 1970’s daarop dat swerms al daar opgemerk is, sê dr. Roger Price, navorsingsleier van insek-ekologie by die Landbounavorsingsraad.

Sprinkane vlieg saam met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit