Landbouweekblad

Arbeidslim en presisie die sleutel tot sojaboonsukses

Danksy ’n benadering om nooit paniekerig te raak as krisisse opduik nie, het mnr. Willie van Niekerk sy boerdery van ’n nederige 20 ha opgebou totdat hy nou só ’n mededingende saaiboer is dat hy een van die afdelings in die Groei vir Goudopbrengskompetisie gewen het.

Hy en sy seun, Willie jr., bedryf saam Belofte-boerdery by Vanderbijlpark, waar hulle sojabone en mielies saai en met Merino-Landskape boer. Hul opbrengs van 4,8138 t/ha met die kultivar DM 6.8iRR, wat deur Agricol bemark word, was die hoogste vir sojabone onder droëlandverbouing in die sentrale streek in Graan SA se kompetisie vir 2021.

Oorskakeling na presisieboerdery en geenbewerking, asook goeie samewerking tussen ’n pa en seun wat nie bang is vir harde werk nie, het die boerdery in staat gestel om sy arbeidsmag stelselmatig te verklein totdat daar nou net twee werkers is wat plaaswerktake uitvoer. Verder doen die twee Van Niekerks met hulp van hul werktuigkundige, mnr. Wynand Rudolph, alles self. “Ons hou nie vergaderings nie aangesien ons langs mekaar woon en heeldag saam is. Ons beplan om die etenstafel of ná werk wanneer ons saam koffie drink,” sê pa Willie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter