Weg! Platteland

Maanplantery Jou gids vir die herfs

Basiese beginsels

Maanfases

Net soos die swaartekrag van die maan seevlakke laat styg en daal, het dit ook ’n invloed op die vog in die grond. Saad absorbeer meer water met volmaan en nuwemaan omdat meer vog na die grondoppervlak getrek word. Dit laat saad uitswel en lei tot beter ontkieming en sterker plante. Die maan beïnvloed plantegroei ook deur middel van geotropie (die manier waarop plante in ooreenstemming met die rigting van die aarde se swaartekrag groei). Die wortels groei ondertoe, in die rigting van die swaartekrag, en die stele in die teenoorgestelde rigting.

Nuwemaan tot Eerste kwartier (groeiende maan) – halfvrugbaar Dit is ’n goeie tyd om gewasse te plant wat hulle saad buite die vrug produseer. Dit is veral geskik vir eenjarige blaargroente waarvan ons die blare (en in sekere gevalle ook die blomme en stele) eet.

Eerste kwartier tot Volmaan (groeiende maan) – vrugbaar Saad ontkiem beter in die dae voor volmaan. Dis ’n uitstekende tyd vir vrugdraende eenjariges waarvan ons die vrugte of sade eet.

• ’n Krimpende maan hou voordele in vir wortelen knolgroente en kruie wat op ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n