Die basiese beginsels
Maanfases
Net soos die swaartekrag van die maan seevlakke laat styg en daal, het dit ook ’n invloed op die vog in die grond. Saad absorbeer meer water met volmaan en nuwemaan omdat meer vog na die grondoppervlak getrek word. Dit laat saad uitswel en lei tot beter ontkieming en sterker plante. Die maan beïnvloed plantegroei ook deur middel van geotropie (die manier waarop plante in ooreenstemming met die rigting van die aarde se swaartekrag groei). Die wortels groei ondertoe, in die rigting van die swaartekrag, en die stele in die teenoorgestelde rigting.
• Nuwemaan tot Eerste kwartier (groeiende maan) – halfvrugbaar
Dit is ’n goeie tyd om gewasse te plant wat saad buite die vrug produseer. Dit is veral geskik vir eenjarige blaargroente waarvan ons die blare (en in sekere gevalle ook die blomme en stele) eet.
• Eerste kwartier tot Volmaan (groeiende maan) – vrugbaar
Saad ontkiem beter in die dae voor volmaan – net reg vir vrugdraende eenjariges