Weg! Platteland

Skadu-oase

Skadugedeeltes in die tuin kan net so mooi wees – en jou net so ryklik beloon – as enige ander deel van jou tuisparadys, maar dit bied tog ’n paar unieke uitdagings (permanent en seisoenaal), veral as die res van jou tuin heeljaar sonskyn kry.

In sy nuwe boek Gardening in the Shade in South Africa (wat eers einde Januarie 2021 in die winkels sal wees), skryf die tuinkonsultant Allan Haschick hoe baie tuiniers kla oor skadukolle wat nie kleurvol genoeg nie, gras wat sukkel om daar te groei, plantkeuses wat erg beperk is… hulle voer dosyne redes aan waarom hulle skadutuin sleg lyk, maar dit hoef regtig nie so te wees nie.

As jy eers ’n goeie begrip het van al die elemente wat ’n rol speel in ’n skadutuin, kan jy dit aanpas na gelang van die spesifieke omstandighede in jou eie tuin, en nie lank nie, of daardie “nukkerige” koeltekol sal ontpop in ’n skouspelagtige bedding vol pragtige loof-of blomplante.

Natuurlik is elke tuinier se “skaduprobleem” uniek, en verskillende dele van jou tuin kan boonop verskillende soort skaduwee hê. Dit maak dus nie saak of die skadu deur groot bome of hoë geboue veroorsaak word nie (of dalk is jy net aan die “verkeerde kant” van die pad), want dit bly nou maar eenmaal ’n uitdaging om die regte plante vir die regte “soort” skaduwee te kies. Skaduliewende plante is nie noodwendig tropies nie, hoewel talle tropiese soorte in skadu sal floreer. Party delikate loofplante sal verskroei in die son; ander hou van skadu maar haat vog; nog ’n klomp sal dolgelukkig wees in moerasgrond met die minimum son.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland15 min read
Woeker Met Winter Se Oorvloed
BEDIEN BY DIE KAGGEL SAAM MET ’N STORIE Turkse rooilensiesop met Persiese platbrood DEUR NA DIE TAFEL WAAR BIBER DOLMAS KLAAR GEDEK IS Soetrissies vol stampkoring, korente en dennepitte OPGEDRA AAN PA SE RIEMPIESTOEL Wildspastei met speserykoejawel ‘