Vir jagters wat hul gesin saamneem om te jag en dus ook vir bokke wat hul seuns of dogters skiet, moet betaal, maak dit sin om eerder ’n paar vlakvarke of rooibokke plat te trek in plaas van een koedoe of van die ander duurder wild. Dit is juis die rede waarom baie jagters hul seuns of dogters ’n rooibok laat skiet wanneer hulle die eerste keer poog om iets met ’n boog te jag. Dit is nie noodwendig ’n wyse keuse nie...
SNAARSPRING
Rooibokke is bekend daarvoor dat hulle die snaar spring. Snaarspring vind plaas wanneer die diere die boog hoor klap as die pyl geskiet word, of hulle hoor die naderende pyl. Hulle reageer dan so vinnig dat hulle heelwat beweeg voordat die pyl hulle tref. Soms is die bok so blitsig dat hy die pyl heeltemal ontwyk. In die meeste gevalle sak die dier egter net genoeg na onder dat die pyl té hoog tref – en soms ook té ver na agter omdat die bok effens vorentoe begin beweeg het. Rooibokke, vlakvarke, springbokke en die kleiner bokke soos duikers en steenbokke is almal snaarspringers.
Ek het eenkeer ’n duiker bekruip en hom van ongeveer 20 tree met my houtboog en ’n houtpyl probeer skiet. Teen die tyd dat die pyl die plek bereik het waar hy gestaan het, het hy reeds omgeswaai en ’n paar meter weggehardloop. Die pyl het skadeloos in die grond gepen. ’n Ander keer het ek vir vlakvarke by ’n stroompie, veral indien jy swaar houtpyle gebruik. In die Molopo het ek met ’n kragboog na ’n springbokram geskiet wat 25 meter ver gestaan het. Selfs met die vinniger kragboog en ligter koolstofpyle het die bok egter die pyl heeltemal ontduik en ongeskonde weggehardloop.