Landbouweekblad

Mentorskap vir ontwikkelende vleisbeesboere

Voordat hy sy droom kon verwesenlik om ’n heeltydse vleisbeesboer te word, het mnr. Themba Dlamini baie jare as ’n diensverteenwoordiger vir huurmotorondernemings in KwaZulu-Natal se hoofstad, Pietermaritzburg, deurgebring.

In dié tyd het hy ywerig geld gespaar en dit gebruik om geleidelik ’n kernteeltrop Ngunibeeste op te bou.

Hy het ook ’n veewagter in diens geneem om dié trop op kommunale grond, wat aan die stad grens, te bestuur.

Terselfdertyd het Dlamini aanhoudend by die KwaZulu-Natalse departement van landbou en landelike ontwikkeling aansoek gedoen om ’n plaas wat hy kan huur en vir ondersteuning om hom as ’n heeltydse vleisbeesboer op hierdie eiendom te vestig.

In 2015 het Dlamini sy droom bewaarheid. Deur die regering se proaktiewe grondverkrygingstrategie het hy ’n 30-jaar-huurkontrak van die plaas Stonehenge van 1 000 ha gekry. Die plaas is in die KwaZulu-Natalse Middelland by Rietvlei. Die departement het ook vir Dlamini ’n kernkudde van 99 Bonsmara-Beefmaster-kruisteelkoeie en vier teelbulle van dieselfde teelmateriaal gegee. Verder het die regering ’n spuitgang op Stonehenge

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding