SARIE

FOTOGRAWE WYS SA SE SEE- EN PLANTLEWE Skoonheid bly boei

Ana-Filipa (Filipa) Domingues het al in die veld onder ’n bos ingekruip om by ’n skaars grondprotea uit te kom, op ’n eilandjie in die middel van ’n besige pad ’n reuse-aalwyn gekiek, en 400 km agter ’n kokerboom in blom aangery . . .

Dit alles om Suid-Afrika se “vreemde en wonderlike flora” vas te vang en te deel met haar Instagram-volgelinge van reg oor die wêreld wat nie genoeg kan kry van haar unieke “plantportrette” op @checkmyplants nie.

“Ek is eenvoudig versot op ons land se plante,” sê Filipa, plantfotograaf, plantkyker en filmmaker. “Van die byna prehistoriese aalwyne tot die piepkleinste fynbosblommetjies wat uit niks uit groei. Dit verras my elke keer.”

Dís my kos, daardie ongewone plante wat mense nie sommer sal teëkom nie
Ana-Filipa Domingues, filmmaker en plantfotograaf

Sy kan partykeer nie glo sy’t in die Kaap grootgeword met die ongelooflikste plante reg onder haar neus en dit nie raakgesien nie, bieg sy. (Die Kaapse blommeryk het van die grootste verskeidenheid unieke plantspesies per oppervlak ter wêreld.)

Haar belangstelling

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
39 Gestreepte Tjalie
KATIA AFRODITA (100% acrylic): 1 ball col. 302Crochet hook: 4 mm Magic ringChain stDouble crochetTreblePattern st (see graph A) Using 4 mm crochet hook in treble: 16 sts and 8 rows = 10 x 10 cm Make a magic ring and work in Pattern st foll graph A.
SARIE4 min read
35 Onesie Vir Baba
SIEN LES 5 VAN SLIMMER MET SARIE HOE OM ’N STEEK OP TE TEL WAT GEVAL HET – LEES BL. 45 –a) 3 –b) 6 –c) 12 –d) 18 –e) 24 months KATIA MERINO BABY (100% merino extrafine): –a) 2 –b) 2 –c) 3 –d) 3 –e) 3 balls col. 99Knitting needles: 3 mm and 3,5 mm2
SARIE1 min read
40 Maklike Granny Square-handsak
KATIA AZTECA (53% virgin wool, 47% acrylic): 2 balls col. 78471 button Two strips of leather, 70 cm longBag lining materialCrochet hook: 6 mm Slip st, chain st, trebleSquare st pattern (see graph A) 1 Square st pattern using 6 mm crochet hook = 15,

Related Books & Audiobooks