Huisgenoot

AL DIE GELD IN DIE WÊRELD™

EK HET nog altyd gedink om ’n haai te wees is heel eenvoudig. Jy kraai koning as roofdier. Jy swem rond; jy byt mense. Maar eintlik is dit baie meer stresvol.

Tydens my middag as ’n makohaai skiet iemand my met ’n reusagtige oorlogskip. “Jy kan altyd opgradeer en ’n grootwithaai wees,” sê my haairaadgewer, Simon Burgess. “Dan sal niemand met jou mors nie.”

Moenie bekommerd wees nie; geen vis is leed aangedoen tydens die uitvoering van hierdie eksperiment nie. Ek het bloot SharkBite gespeel, ’n aanlyn speletjie op die gewilde speletjiesplatform Roblox. Vra jou kinders daaroor uit. Meer as 43 miljoen van hulle wêreldwyd verlustig hulle daagliks in die 20 miljoen speletjies (oftewel “experiences”) op dié platform.

Roblox is nie so cool soos die ietwat meer volwasse speletjies wat deur die Fortnite-ontwikkelaar of deur Minecraft aangebied word nie, maar dis waarheen jy gaan as jy uit die tronk wil ontsnap (Jailbreak is al 5,2 miljard keer gespeel), ’n troeteldier wil aanneem (Adopt Me! is al 23,8 miljard keer gespeel) of iets meer alledaags wil doen soos om ’n pizzeria te bestuur (Work at a Pizza Place is reeds meer as 3 miljard keer gespeel).

Al is Roblox in 2006 as ’n speletjiesplatform gestig, het die maatskappy agt jaar gelede besluit om dit vir jong mense moontlik te maak om hul eie speletjies te skep. Daarna kan hulle dit op die platform deel. As jou speletjie suksesvol is, kan jy hope geld maak.

Dis wat Simon (24) van Bournemouth, Engeland, en sy sakevennoot Max Entwistle (ook 24), van Aberystwyth in Wallis, gedoen het. Hulle

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Goeies, Die Grotes En Die Mooies
Clint het al meer as 40 keer in die regisseurstoel gesit en in meer as 70 flieks verskyn. In The Good, the Bad and the Ugly was hy “the man with no name”, maar ná die western het álmal sy naam geken. In 1992 het hy die Wilde Weste op ’n heel ander ma
Huisgenoot1 min read
Agter Die Skerms
▶ Die reeks is in die noordelike voorstede van Kaapstad verfilm, asook op Stellenbosch en in die Jonkershoek-omgewing. ▶ Die vervaardigers het ’n ou herehuis op ’n kleinhoewe naby Durbanville gehuur om as Oupa en Ouma se huis te dien. Hulle het die p
Huisgenoot11 min read
GlutenVRYE LEKKERnye
t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: 30-40 MIN. KOEK ◗ 220 g amandelmeel◗ 50 g glutenvrye hawermoutmeel◗ 5 ml (1 t) bakpoeier◗ 2,5 ml (½ t) sout◗ 3 groot eiers, by kamertemperatuur◗ 75 ml gesmelte en afgekoelde kl

Related