SA Hunter/Jagter

JAGPUNTE VIR ’N BOOG

Wat heel voor aan ’n pyl is, maak baie saak, want dit is die gedeelte wat die dier tref en moet doodmaak. Moet my nie verkeerd verstaan nie, jy moet gewis ’n boog gebruik waarin jy vertroue het en wat akkuraat skiet. En ja, jy moet skootplasing oefen om seker te maak die pyl tref waar jy mik. So moet jy ook sorg dat jy jou prooi met oorleg kies en net skiet wanneer die dier reg staan en jy weet waar om te mik om die longe en die hart te tref. Maar al skiet jy so akkuraat soos ’n skerpskutter en is jou boog dalk die nuutse en vinnigste op die mark, en al tref jydie bok op die regte plek, kan jy steeds die skoot verbrou omdat die jagpunt nie sy werk gedoen het nie. Derhalwe is die jagpunt van die allergrootste belang.

WAARNA MOET JY KYK?

Wanneer ons ’n jagpunt kies is daar ’n klomp faktore om in ag te neem, soos byvoorbeeld die grootte, ontwerp, duursaamheid, akkuraatheid en ook hoe skerp dit is. Ons kan oor baie tegniese aspekte praat, maar dit sal waarskynlik nie van praktiese waarde vir die meeste boogjagters wees nie, daarom gaan ek dit eerder vermy.

Dit is egter belangrik om te weet dat die werking van ’n pyl baie verskil van dié van ’n koeël. ’n Pyl werk soos ’n mes- of spiessteek: dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter2 min readForeign Language Studies
’n Gids Tot Nalatenskap En Boedelbeplanning Vir Die Jagter
Die artikel is voorsien deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente as trotse borg van ons Nasionale Presidentskietkompetisie in samewerking met die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging. By Eksekuteurs vir Boedels en Testamente waardeer ons die bel
SA Hunter/Jagter4 min read
Snelvuur
Just recently, the IUCN (International Union for Conservation of Nature) downlisted the scimitar-horned oryx (Oryx dammah) from Extinct in the wild to Endangered. Thanks to the work done by the Environment Agency of Abu Dhabi, the scimitar-horned ory
SA Hunter/Jagter5 min read
Die Kwêvoël
Ek lê aan vir die trefskoot. My vinger span om die sneller en my asem word ’n fluistering in die Bosveld se stilte. My oë is skerp gefokus, maar voor ek kan vuur, word die rustige atmosfeer deur ’n skie-like skreeu verbreek: “Kwê!” Die koedoe verstar

Related Books & Audiobooks