Finweek - Afrikaans

DIE EIENDOMS-MARK: VERANDER SAAM MET DIE TYD

woonvoorkeure en werkgewoontes wat deur Covid-19 veroorsaak is, het die eiendomsomgewing verander.

Ons huis is nie meer net ’n woonplek nie; dit het ’n werk-, sosiale en opvoedkundige ruimte geword. Met die vermoë om tuis te werk, is pendeltyd of geografiese ligging skielik nie meer ’n belangrike kwessie nie en mense neem ander besluite oor hoe en waar hulle wil woon.

Kommersiële eiendom ly die ergste onder veranderde patrone. En terwyl wooneiendom nie heeltemal ongedeerd daarvan afgekom het nie, het die veranderinge in ’n mate in die wooneiendommark se guns getel.

Die klem val nou meer as ooit vantevore op die huis. En SA huiskopers hou aan om die gunstige koopomgewing te benut. Verlede jaar se rentekoersverlagings van drie persentasiepunte en die besluit in Mei om die repokoers onveranderd op 3,5% te hou, het ’n aktiewe residensiële mark tot gevolg gehad.

So veilig as wat kan kom?

Die nasionale huisprysinflasie het omgeswaai. Die Pam Golding-wooneiendomindeks toon huisprysgroei van 5,1% vir Junie vanjaar. Dis nogal ’n sterk herstel ná die laagtepunt van 2,4% in Maart 2019 en die eerste keer sedert 2016 dat dit bo 5% is.

“Daar is beslis ’n gevoel dat huisprysgroei aan die beweeg is, en dit beweeg teen of naby inflasie – wat vroeër nie die geval was nie. Dit dui op reële huisprysgroei, teenoor bloot nominale huisprysgroei,” sê dr. Andrew Golding, uitvoerende hoof van Pam Golding Property Group (PGP), aan finweek.

Intussen het die groei

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr
Finweek - Afrikaans4 min read
Lees Meer, Leer Meer
dit het my lank gevat om te besluit hoe om hierdie artikel te begin. Ek moet erken dat dit nie maklik was om dit te skryf nie. Ek onthou toe ek nog maar net ’n klein tjokker was met drome in my kop en passie in my hart. Ek onthou hoe ek finweek gekoo
Finweek - Afrikaans4 min read
Stygende Insetkoste Demp Goeie Landboulopie
ondanks betreklike goeie vooruitsigte op reën vir die 2021-’22-seisoen, ervaar die plaaslike landbousektor tans gemengde produksie-omstandighede. Dit kan onder meer toegeskryf word aan ontsaglike ontwrigtings waarmee die wêreld tans te midde van die