O JA! KILLING POWER!
’n Kenia-beroepsjagter wat later koeëls in Suid-Afrika kom maak het, het my vertel hoe ’n familielid per ongeluk ’n olifant met ’n .22 LR doodgeskiet het. Natuurbewaring wou nie die storie glo nie. Om sy bas te red, het hy dit toe weer in die wildbewaarders se teenwoordigheid gedoen – op ’n ander olifant natuurlik. Sedertdien het ek ook van ander gevalle uit ewe betroubare bronne verneem.
David Sutherland van Sutherland Hunting Academy was ’n beampte by Suidoos-Transvaal Natuurbewaring toe ek hom leer ken het. Dave het ’n hekel in die .458 Winchester Magnum omdat dié kaliber, soos hy dit stel, hom ’n paar keer sy waardigheid met olifante moes laat prysgee. Ekself het van kleintyd af op die plaas groot Brahman-, Hereford- en Bonsmara-osse vir slagdag sonder probleme met my Mauser .22’tjie omgedop. Ek het ook met my eie oë gesien hoe ’n wilde Brahman-bul ’n 500 grein-koeël uit ’n .450 Rig-by sluk en nog ’n hele ruk lank amok maak.
Die enigste logiese slotsom waartoe ek dus uit bogemelde kan kom, is dat ’n .22 LR oor meer doodmaakvermoë (killing power) as ’n .458 Winchester Magnum en die .450 Rigby beskik en dus ’n baie beter olifantjagpatroon is!
Die punt wat ek eintlik pro-beer maak, is dat daar meer nonsens oor patrone se sogenaamde doodmaakvermoë verkoop word as
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days