Huisgenoot

TOKIO 2020: WIE OM DOP TE HOU

DRUK vir ’n oomblik die kykweerknoppie: Dis die jaar 2020 en die wêreld is in die greep van ’n verwoestende pandemie.

In die Japannese hoofstad, Tokio, is die stadions wat die grootste sportskouspel op aarde sou huisves grafstil en leeg, want die Olimpiese Spele moes uitgestel word.

Keer nou terug na die hede, een jaar later. Die coronavirus saai steeds verwoesting, maar hierdie keer gaan die Spele voort. In die stadions knal die afsitpistole en haal die atlete alles uit in hul strewe na glorie.

Maar geen skares spring op hul voete nie, want die paviljoene is steeds leeg.

Dis g’n oordrywing om te sê vanjaar se Spele is die vreemdste in die geskiedenis van die roemryke byeenkoms nie. Die nuwe normaal bestaan uit “bioborrels” waarin spanne en beamptes woon, oefen en deelneem om infeksies te voorkom, asook die baie streng gebruik van maskers en saniteerders.

Ja, sonder die toeskouerdeelname is dit dalk nie die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te