Finweek - Afrikaans

REMGRO VERLIG DRUK VANJAAR

di e 27%-styging in Remgro se aandeelprys sedert Januarie is ’n aanduiding dat geduldige, maar potensieel gefrustreerde Remgroaandeelhouers meen die ergste is verby vir die maatskappy. Met Covid-19 as die jongste in ’n stortvloed van slegte nuus vir SA se sakewêreld was die afgelope vyf jaar nie goed vir Remgro se plaaslik gefokusde portefeulje nie, maar die bestuur doen stappe om die beste van ’n moeilike situasie te maak.

Die uitdagings wat Remgro in die gesig staar, is veelvoudig. Wanneer die mark onder druk is, verkies beleggers ’n meer direkte roete na bates en vermy die gevaar van diskonto’s op netto batewaarde (NBW) wat beheermaatskappystrukture teister en groei in hul beleggingskapitaal stuit.

Wanneer markte egter omkeer, kan meevallers ontstaan vanweë die kleiner diskonto’s tot NBW en die verkoop of ontknoping van onderliggende bates – deurdat die beheermaatskappy eenvoudig ’n ander genoteerde bate teen sy markverwante waarde verkoop. Aandeelhouers in die beheermaatskappy kry dan ’n onmiddellike verhoging in wat hulle indirek gekoop het omdat die diskonto verdwyn.

Marksentiment is egter nie die enigste dryfkrag betrokke in Remgro se aandeelprysverlaging van meer as 50% sedert 2016 nie. Ondanks ’n ervare, hoëprofielbestuurspan, waaronder Johann Rupert en uitvoerende hoof Jannie Durand, het ’n paar kleinerige bestuursfoute – of meer waarskynlik, ’n bietjie ongeluk – veroorsaak dat sommige portefeuljebates swakker as markeweknieë en verwagtinge gepresteer het.

“Dit is nie Remgro se skuld dat die diskonto vergroot.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans2 min read
Die Redakteur Sê
alle eras kom tot ’n einde. Gedurende die onlangse munisipale verkiesing, het die ANC – wat post-apartheid-politiek oorheers het – minder as 50% van Suid-Afrikaners se stemme op hom verenig. Die dood van die voormalige president FW de Klerk is ook di
Finweek - Afrikaans3 min read
Uitsonderlike Welvaart Oor 21 Jaar Geskep
min fondse kry dit reg om konstant die mark te klop. Die Coronation-top-20 is so ’n fonds. In die loop van sy 21 jaar lange prestasierekord het die fonds die plaaslike aandelemark se 15-voudige opbrengs in ’n 27-voudige opbrengs omgetower – ’n fenome
Finweek - Afrikaans10 min read
Die Metale-stormloop
onder die maatskappye wat gebie het vir Atlantic Nickel, ’n maatskappy wat die Santa Rita-myn in die deelstaat Bahia in Brasilië besit, was twee motorvervaardigingsmaatskappye. Dié maatskappye neem nie normaalweg aan groot, regstreekse samesmelting-

Related