Huisgenoot

CRUELLA: DIE WARE VERHAAL

SY IS ’n vrou so boos dat sy 99 hondjies wou ontvoer om hul pels vir die volmaakte jas te gebruik. Toe die skrywer Dodie Smith die karakter Cruella de Vil geskep het, wou sy nie gehad het die lesers moes die heks jammer kry nie; eerder dat haar narsisme en wreedheid hulle moes skok.

Maar Cruella, Disney se nuwe weergawe van die verhaal met Emma Stone in die hoofrol, bekyk haar agtergrond en doen presies die teenoorgestelde. Ná al die traumatiese gebeure in die arme vrou se kinderjare sou jy ’n hart van klip moes hê om nie effens simpatieker teenoor haar te wees nie.

Tog dink ek Dodie sou die nuwe Cruellarolprent geniet het. Sy sou in haar noppies gewees het dat dit haar eie roem as Cruella se skepper laat herleef. En sy sou dol gewees het oor die inkarnasie van Cruella de Vil as ’n modekoningin.

Dodie was immers self eens ’n ontwerper van uitheemse klere. Sy het so ’n passie vir hoë bolhoede met vere, kartelkrae, hoë hakke

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related