Finweek - Afrikaans

GENOTEERDE VISSERMAATSKAPPYE WORD BEPERK DEUR DIE REGERING SE KWOTAVERTRAGINGS EN ONSEKERHEID

of dit nou ’n gewone snoekbraai, geelbek, galjoen (Suid-Afrika se amptelike vis), kreef, calamari saam met die hoofgereg, ’n eenvoudige stokvis of tunasteak is, vis is ongetwyfeld een van SA se gunstelingproteïene. Moet ook nie van sardyne vergeet nie; dis skynbaar die minister van finansies se gunsteling.

Die taak van die land se kommersiële visserybedryf is nie net om in die plaaslike markvraag na vis en visprodukte te voorsien nie, maar ook dié van die res van die wêreld, veral met die steeds groeiende bevolking.

SA se genoteerde visserybedryf, wat bestaan uit ’n handjie vol maatskappye, het die afgelope jaar baie meer gehad om oor besorg te wees as net die seegetye en die pandemie.

Inperkingsmaatreëls het die visvang- en verwerkingsvermoë beïnvloed, wat die verhaling van fabriekskoste verminder, maar streng kostebeheer en laer brandstofpryse het gehelp om daarvoor in verskillende mate by produsente te vergoed, het Rella Suskin, navorsingshoof van Benguela Global Fund Managers aan finweek gesê.

Die belangrikste onsekerheid waarmee die genoteerde visserymaatskappye te kampe gehad het, is steeds die regering se gesloer met die finalisering van die langtermyn- toekenning van visvangregte, het gesê.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans1 min read
Finweek - Afrikaans
Waarnemende redakteur Jaco Visser Besturende redakteur Zerelda Esterhuizen Medewerkers Simon Brown, Jacques Claassen, Andrew Duvenage, Johan Fourie, Moxima Gama, Mariam Isa, Schalk Louw, David McKay, Maarten Mittner, Andile Ntingi, Timothy Rangongo,
Finweek - Afrikaans4 min read
Bou ’n Klimaatbestande Onderneming
voordat ’n internasionale pandemie ons lewe ontwrig het, was die dringendste vraag wêreldwyd – van Davos-forums tot maatskappydireksiesale, van boere tot politici – eenvoudig: Hoe om klimaatsverandering te keer. En namate ons leer om saam met die pan
Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr