Huisgenoot

NUWE LEWE NÁ STORM

’N HELE, gebeurtenisvolle jaar – dit is hoeveel tyd al verloop het sedert die skoknuus die wêreld verlede Januarie getref het dat prins Harry en sy vrou, Meghan, besluit het om die koningshuis vaarwel toe te roep.

Die goue paartjie wou ver weg van die eeue oue tradisies en protokol wat hulle aan bande lê ’n nuwe lewe vir hulle en klein Archie (nou 20 maande) gaan skep.

Toe skud hulle Engeland se stof van hul voete af en gaan skop nes in Santa Barbara, Kalifornië, waar die kletskoningin Oprah Winfrey hul buurvrou is en die son gemiddeld 283 dae van die jaar skyn.

Tog was alles nie net maanskyn en rose vir hulle nie. Soos Harry dit onlangs gestel het: “Vanjaar was wêreldwyd vir almal moeilik.” En wat hom en sy gesin betref, het hy duidelik nie net van die covid-19-pandemie gepraat nie.

Hy en Meghan sal sekerlik met gemengde gevoelens op 2020 terugkyk en soos die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te