Weg!

UITGEVAT VIR DIE LANGPAD

Brooks C17 Cambium-saal

Jy ry so lekker, want jy sit so lekker

Saalkeuses is maar ’n persoonlike ding: Elke mens se sitbene verskil. Wat vir jou gemaklik mag wees, is vir die hygende trapper langs jou ’n Middeleeuse pynbank. Gelukkig is daar mense soos die span by Brooks in Engeland wat al sedert 1882 fietssale aanmekaarsit.

Hul nuwe C17 is die moderne weergawe van hul klassieke B17, wat ook ’n goeie ding is, want die B17 is al meer as 130 jaar oud! Brooks glo duidelik aan “jy torring nie aan ’n wenresep nie”, want jy kan vandag steeds die B17 aanskaf, selfs een met krokodilvel (maar dalk nie te oorweeg vir jou Oos-Afrika-toer nie – red.). Vir die tradisionaliste kan jy die leeroorgetrekte B17 aanskaf, en wel ook in ’n verskeidenheid van lengtes en breedtes. Dit maak die saal aantrekliker op die kooplysie, maar die leer verg steeds gereelde aandag en doelgeboude gereedskap, en sy voorkoms is straks nie wat die Rapha-klub van hul cappuccino’s gaan laat opkyk nie.

Roffel die tromme dus vir die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek