Landbouweekblad

Gee kalium net as daar ’n tekort is

Kalium vervul talle noodsaaklike funksies in die groei en funksionering van plante, en is die derde lid van die “Groot Drie”-voedingstowwe.

In vorige artikels is reeds aandag gegee aan die ander twee, naamlik stikstof (N) en fosfor (P), en die bestuur daarvan (bit.ly/2JrpLJ X; bit.ly/3oPehjz). In hierdie artikel word op K gekonsentreer.

Die hoeveelheid K wat plante opneem, is dikwels dieselfde as die hoeveelheid N, en die konsentrasie van K in plante is gewoonlik sowat tien keer dié van P en swael (S).

Kalium is onder meer noodsaaklik vir die vervaardiging van stysel, die vervoer (translokasie) van koolhidrate, stikstofassimilasie, proteïensintese, asook om die waterbalans in plante te behou deur die oop- en toegaan van die stomata te reguleer.

Die gevolge van ’n K-tekort sluit in:

■ ’n Afname in graanvulling by gewasse, soos mielies, en ’n groter persentasie klein korrels.

■ ’n Afname in stingel- en stamsterkte by graangewasse, wat tot meer omval lei, veral wanneer baie N-kunsmis toegedien word. ¦ ’n Afname in fotosintese en N2 -vaslegging by peulgewasse.

■ ’n Afname in transpirasie en swakker blaarafkoeling, wat tot groter vatbaarheid vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh