Huisgenoot

Rafael Nadal kraai wéér koning op Roland-Garros

DIE Spaanse tennisspeler Rafael Nadal (34) het maklik met Novak Djokovic (33) afgereken om vir die 13de keer as Franse Ope-kampioen gekroon te word. Die toernooi is vanjaar later as gewoonlik by Roland- Garros in Parys, Frankryk, gehou nadat dit weens die coronaviruspandemie uitgestel moes word. Net 1 000 toeskouers kon die eindstryd in die stadion dophou.

Hoewel Djokovic die voorste speler ter wêreld is en vooraf deur baie as gunsteling beskou is om te wen, het Nadal weer gewys hoekom hy as die Koning van Klei bekendstaan. Hy het net drie stelle nodig gehad om die wedstryd te wen – die telling was 6-0, 6-2, 7-5.

Hy het dwarsdeur die toernooi nie ’n enkele stel verloor nie.

Rekords vir Rafa

Met sy oorwinning het Nadal nou ál

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te